Kenmerke van konings wildebeeste

Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
Kenmerke van konings wildebeeste, konings wildebees bul bulle koeie verse te koop, konings wildebees split bul bulle koeie verse te koop, kings wildebeeste te koop bulle koeie verse, bosveld Limopo Noord Wes Suid Afrika Kruger van Zyl Jaco Naude Wynand wildlife wild dienste
In Februarie 2012 het Piet du Toit die konings wildebees bul "King" aangebied op sy eerste wilds veiling. Die bul was verkoop op die veiling vir 'n rekord bedrag van R 5 100 000 + BTW. Daarna was daar baie boere wat opsoek was na konings wildebeeste. Daardie tyd was konings wildebeeste baie skaars gewees, en was daar baie mense in die wild bedryf wie nie regtig geweet het wat 'n konings wildebees was nie.

In Junie 2013 was 'n vergadering gereël deur bestaande konings wildebees telers, om die kenmerke en eienskappe van 'n konings wildebees vas te stel, en 'n standaard te stel. Die vergadering was by WRSA se kantore in Pretoria gehou. Daar was goeie werk deur die organiseerders gedoen om al die boere en telers wie konings wildebeeste gehad het, uit te nooi en by die vergadering te kry. Die vergadering was oop vir almal wie belangstel in konings wildebeeste, en nie net die bestaande konings wildebees telers nie. Die belangstelling was uitstekend, en daar was baie meer mense by die vergadering as wat enige verwag. Die saal was stamp vol gepak.

Verskillende konings wildebees telers het fotos van hul konings wildebeeste saam geneem, wat vertoon was op groot skerms. Almal wie teenwoordig was by die vergadering kon insette lewer, en die kenmerke was bespreek deur almal wie teenwoordig was by die vergadering.

Die kenmerke soos vasgestel deur die konings wildebees telers in Junie 2013:

'n Konings wildebees moet 'n grys/blou tot donker blou/swart lyf kleur hê, soortgelyk aan gewone blou wildebeeste se kleur, en donkerder.

Die stert, maanhare, en baard moet wit wees. Konings wildebeeste word gebore met 'n wit stert, baard, en maanhare.

Die neus en mond, rondom die oë, en binne die ore moet pienk wees. Hierdie is 'n kenmerk van alle konings wildebeeste, alhoewel sommiges ligter pienk is, en ander donkerder pienk.

Die gesig kleur van 'n konings wildebees (volwasse), moet meestal of heetemal wit wees. Op jonger ouderdom is die gesigte donkerder kleur skakering van bruin en swart, wat witter verkleur soos wat die konings wildebees ouer word.

Die konings wildebees moet 'n wit streep op die rug hê, van waar die maanhare eindig, tot op die kruis.

Indien 'n konings wildebees 'n kol het, moet die kolle identies wees aan albei kante / sye van die konings wildebees.
Let wel: 'n kol is nie 'n vereiste kenmerk van 'n konings wildebees nie.
Chris Basson Ferdie Oosthuizen Dries Visser Kruger van Zyl Wiekus Ras
Konings wildebees telers komitee

Tydens dieselfde vergadering was besluit om 'n konings wildebees komitee te stig. Die mense teenwoordig by die vergadering het die nominasies gemaak, en gestem.

Van lings na regs is:
Chris Basson
Ferdie Oosthuizen
Dries Visser (voorsitter)
Kruger van Zyl
Wiekus Ras
Terug na: Konings wildebeeste te koop
-
Teel wild te koop
Goue wildebeeste
Konings wildebeeste
• Konings wildebees kenmerke
Goue konings (Golden kings)
Royal wildebeeste
Seretse wildebeeste
Swart rooibokke
Saalrug rooibokke
Wit rooibokke
Swartwitpense - alle bloedlyne
Buffels - alle bloedlyne
Baster gemsbokke
Elande - alle variante
Blesbokke - alle variante
Gemsbokke - alle variante
Koedoes - alle variante
Hartwater springbokke
Nyalas
Renosters - wit en swart
Ander skaars en gewone wild

Jag wild te koop
Buffels
Swartwitpense
Baster gemsbokke
Nyalas
Wildebees kleur variante
Rooibok kleur variante
Springbok kleur variante
Gemsbok kleur variante
Koedoe kleur variante
Blesbok kleur variante
Eland kleur variante
Ander skaars wild om te jag
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251