Teel wild te koop  -  Goue konings wildebeeste (Golden kings)

Wynand wild dienste, skaars wild te koop, goue konings wildebeeste te koop, golden kings te koop, goue konings wildebees bulle te koop, goue konings wildebees koeie te koop, goue konings wildebees verse te koop, split goue konings wildebees bulle koeie verse te koop Kruger van Zyl Stephan Naude Jaco Naude Suid Afrika Limpopo Noord Wes Jacques Malan Lumarie golden kings bul bulle koeie verse split te koop
Wynand wildlife is 'n lid van WRSA
goue konings golden kings wildebeeste
Wynand Breytenbach goue konings golden kings wildebeeste
Goue konings wildebees telers
Wynand Breytenbach  072 132 3668
info@wynandwildlife.co.za
-
Teel wild te koop
Goue wildebeeste
Konings wildebeeste
Goue konings (Golden kings)
Royal wildebeeste
Seretse wildebeeste
Swart rooibokke
Saalrug rooibokke
Wit rooibokke
Swartwitpense - alle bloedlyne
Buffels - alle bloedlyne
Baster gemsbokke
Elande - alle variante
Blesbokke - alle variante
Gemsbokke - alle variante
Koedoes - alle variante
Hartwater springbokke
Nyalas
Renosters - wit en swart
Ander skaars en gewone wild

Jag wild te koop
Buffels
Swartwitpense
Baster gemsbokke
Nyalas
Wildebees kleur variante
Rooibok kleur variante
Springbok kleur variante
Gemsbok kleur variante
Koedoe kleur variante
Blesbok kleur variante
Eland kleur variante
Ander skaars wild om te jag
Tuis | Omtrent ons | Wild te koop | Wild bedryf | Nuus | Kontak ons    -    Home | About us | Wildlife for sale | Game industry | News | Contact us

Epos: info@wynandwildlife.co.za 
|  Selfoon: 072 132 3668  |  Faks: 086 675 2350  |  Posbus 577, De Wildt, Brits, 0251
Split golden kings bul met groot kol genetika (Brits) Maart 2018  Verkoop
3 Jaar oud
Hierdie split golden kings bul het 'n baie groot kol gehad tot Oktober 2017. Die kol se sigbaarheid het verdwyn, maar daar is nogsteeds 'n ligte kol op die sy van die bul. Ons het al baie gesien dat die split bulle en koeie se kolle kan verdwyn, en later weer sigbaar word.
Die bul was gepyl en bomas toe geskuif op 19 Maart 2018. Hy het toe 29 5/8" gemeet.
Belangstellendes is baie welkom om na die bul te kom kyk.
R 25 000 + BTW gelaai op vervoer

Kliek op die fotos om te vergroot

Fotos hier onder was in Januarie 2018 geneem.
In hierdie fotos was die bulle nog jonger. Hierdie bulle het heelwat gegroei en is baie groter as in die fotos.
Fotos hier onder was in Augustus 2017 geneem. Bulle was 19 tot 20 maande oud.
Let op die groot sigbare kolle op die sye.
Golden kings split bulle met groot kol genetika (Brits) Maart 2018
26 tot 27 Maande oud
Hierdie split golden kings bulle het baie mooi groot kolle gehad voordat hulle begin verhaar het. Sien fotos.
Die kolle se sigbaarheid het verdwyn, maar daar is 'n moontlikheid dat die kolle weer sigbaar kan word.
Die sigbaarheid van kolle wat verdwyn, sien ons gereeld by split golden kings. Of die kolle sigbaar is of nie, maak nie regtig saak nie. Die split bulle het nogsteeds die genetika van golden kings wildebeeste met groot kolle.
Daar is al 'n paar van hierdie trop se split bulle wat se kolle verdwyn het, wat die pa's is van golden kings kalwers.
Ons sal die koper raad en advies gee ten opsigte van watse verse om by die bulle te sit, om goeie aanteel resultate te kry. Soos hierbo genoem: daar is al golden kings kalwers geteel uit sulke split golden kings bulle.
Belangstellendes is baie welkom om na die bul te kom kyk.
R 5 800 elk + BTW gelaai op vervoer
Kliek op die fotos om te vergroot
Hierdie split bulle is geteel uit 'n teel trop waar daar net met golden kings bulle, en split golden kings verse en koeie geteel is. Met ander woorde uit 'n suiwer golden kings teel trop.
In hierdie golden kings teel troppe is daar 'n aantal van die F2 en F3 split verse, split koeie en split bulle wat kolle het op jonger ouderdomme. Sommige van die splits met kolle se kolle bly duidelik sigbaar na 3 jaar oud, en ander se kolle is minder sigbaar na 2 tot 3 jaar oud. Baie van die ouer split koeie met kolle se kolle sal minder sigbaar wees gedurende kalf tydperk, maar die kolle word weer duideliker sigbaar wanneer die kalwers 3 maande pud is.
So te sĂȘ al die golden kings kalwers wat uit hierdie troppe geteel is, is geteel uit split golden kings verse en koeie:
(1) wie sigbare kolle op jonger ouderdom gehad het, maar die kolle op ouer ouderdom is nie meer sigbaar nie,
(2) wie na 2 tot 3 jaar oud nogsteeds duidelike sigbare kolle het.
Daar was nog net een split vers wat nooit 'n sigbare kol gehad het nie, wie geboorte gegee het aan 'n golden kings kalf. Na 8 jaar se teel van golden kings wildebeeste, is die bogenoemde 'n duidelike bewys dat (1) golden kings word in hierdie troppe geteel uit F2 en F3 split verse en koeie wie kolle het, of gehad het - (2) dat die kolle deel uitmaak van die genetika van split golden kings wildebeeste, of die kol sigbaar is of nie sigbaar is nie.
Daar was al 'n paar golden kings kalwers geteel uit van hierdie F2 en F3 split golden kings bulle, saam met die regte verse. Al daardie split bulle het kolle gehad as jonger bulle, of het nogsteeds kolle gehad toe hulle die "regte" verse gedek het. Wat is die "regte" verse? As jy reeds 'n goue wildebees teel projek het, is die kanse goed dat jy reeds die "regte" verse het om by hierdie bulle te sit. Met ander woorde, jy kan in een projek goue wildebeeste teel, en in 'n tweede projek golden kings wildebeeste teel.
Wynand sal die kopers van hierdie bulle help met inligting en raad van watse verse om by die split bulle te sit. Ons sal ook 'n lang termyn verhouding wil bou, om elke jaar die aanwas en vordering van die teel trop te monitor en verbeter.
Fotos van golden kings en split golden kings
Kliek op die skakel (link) hier onder om klompie fotos te sien van golden kings en split golden kings wat ons geteel het.
KLIEK HIER  - Maak in nuwe venster oop
Belangrik:
Die split bulle wat te koop is, was gebore vanaf Januarie tot Maart 2016. Daardie kalf seisoen was daar 10 split bulle gebore, waarvan slegs 6 split bulle duidelike kolle gehad het. Die 4 sonder duidelike kolle was op 15 maande oud na 'n vriend se oop plaas geskuif, terwyl die 6 split bulle met groot kolle na 'n kamp geskuif is. Die 6 split bulle met kolle, is die 6 bulle wat te koop is. Daar is nog net 4 uit die 6 split bulle beskikbaar.